Al'Astair – Marissa lyrics
Marissa se oë is groen water wat blink
haar hande voel sag en is klein
Marissa se vel is soos maanlig wat skyn
ek proe haar fluweelsagte wyn
Marissa se oë is nou sterre wat wink
haar lippe grenaat rooi gegeur
Marissa se mond is soos liefde wat soek
ek proe haar fluweelsagte wyn
Marissa se oë word 'n smeulende vonk
haar hart word 'n polsende stroom
Marissa se wese wil kartel en kolk
ons drink saam fluweelsagte wyn
Marissa se oë word 'n groen-waterpoel
die son skitter diep-rooi en... vol...
Marissa, Marissa, Marissa, Marissa
ons drink saam fluweelsagte wyn...
ons drink saam fluweelsagte wyn..
Submitted by Guest