Dertien – Vreemdeling lyrics
Ek sit op my balkon en die geluide wat hoor
soos die skemer goggatjies en die voëltjies se goodnight koor
Dink ek aan 'n paar jaar terug en die meisie in my droom
met die ligte blonde hare en 'n glimlag so vroom
Gereeld het sy kom kuier
en ek sien haar daar staan
Kom praat net 'n rukkie net my
vertel my wat is jou naam
Koor:
Ek weet nie wat is haar naam nie
of waar vandaan sy kom
Haar oë blink soos die sterre
en haar gesig is 'n somersblom
haar glimlag is 'n sonstraal
en ek voel weer soos 'n kind
ag praat net 'n rukkie met my
of fluister jou naam in die wind
Ek toer deur my gedagtes
met woorde wat ek wou spreek
Sinnelose sinne,net om die stilte te breek
Want ek kan dit nie meer vat nie
ek kruip hier in 'n gat
Vertel my wat is jou naam
want dis die sleutel na die skat
Koor