David Kramer – My Bure lyrics

Ou tannie Botha se vingers druk die note
Sy leer om haar orreltjie te speel
Ja, sy kap dit uit op haar nylon tapyt
Die selle ou deuntjie wat ons almal verveel
Weer en weer probeer sy elke noot het sy kleur
Daar’s blou en daar’s groen en daar’s geel
O die rooi noot is D en die pers noot is G
En ek wonder of Clayderman ook so leer speel

KOOR:
Hulle woon hier langsaan, dis my bure die
In Paul Krugerlaan no 203
Party ken vir my en ek ken party
En die wat ek goed ken wil ek voorstel aan u

Labuschagne se huis is ‘n Spaanse paleis
Met ‘n sikade of twee in die tuin
O varings by die deur, ‘n bougainvillea vir kleur
En deesdae word die van uitgespreek Labuschane
O ‘n outyd of twee en die goed word so duur
Soos die antieke geelhout wakis
Elke ding het sy plek maar net langs die hek
Staan ‘n asbes-sement dobbelsteen posbus

KOOR (1 x)

KOOR:
O Manuel Portugees, sy stem klink so hees
Almal sê hy’s so skatryk die ou
Maar oompie Marais wil glad nie hê
Dat sy dogter met Manuel moet trou

En by no 7 word die melk afgelewer
En weer afgelewer en later nog weer
Dis ‘n ding met kultuur
Die concoction ruik suur
En ek wonder wat eendag met die goed gaan gebeur

KOOR (1 x)

Ja, die wat ek goed ken wil ek voorstel aan u

Submitted by Guest