Dit het gebeur op die trein na Pretoria
Die weer was bitterlik koud
Innie hoekie sit ‘n meisie
Sy lyk vir my skaam en benoud
Die kondukteur, die vra vir haar kaartjie
Sy sê sy’t nie geld om een te koop,
maar ek moet nou gaan na Pretoria
Al moet ek ook daarnatoe loop.
My moeder die lê daar op sterwe
en ek is haar enigste kind
En ek moet nou gaan na Pretoria
As ek haar nog lewend wil vind.
Die kondukteur die neem toe haar handjie
Daar’s ‘n traan in sy een linkeroog
Jy kan ry met my na Pretoria
Al moet ek jou kaartjie betaal!
In die kerkhof daar in Pretoria
Is daar ‘n nuwe hopie grond
Onder daardie hopie lê begrawe
‘n Droewige kindjie se moeder
Die kondukteur die neem weer haar handjie
Toe hy sien hoe die kleine meisie ly.
"Ek het nie eens ‘n kind nie
En nou kan jy maar by my bly!”
Top Grafsteen Sangers songs
- Al Le Die Berge Nog So Blou
- Die Trein Na Pretoria
- Moenie Aan Pappie Meer Sjerrie Verkoop Nie
- Die Goudstad Liggies
- Skryf Vir My 'n Briefie
- Petronella
- As Dit Nag Is In Die Bosveld
- Die Lig In Die Venster
- Daar Onder In Die Vlei
- Boereseun
- Tienduisend Myl
- Ek En My Kersie
- Ou Ryperd
- Die Wilgerboom
- My Seuntjie