Platanna – Paranoia lyrics
Die aasvoëls sirkel deur die lug
en bekyk my baie deeglik
Hier waar ek lê plat op my rug
wag hulle ongeduldig
wag hulle ongeduldig
Die Jan Fiskaal sit op ‘n hoekpaal
en beskou die draad wat blink in die son
slyp sy kloue en soek ‘n doring
terwyl hy wag vir my om te kom
terwyl hy wag vir my om te kom
Chorus:
Ek moet versigtig trap
ek moet goed beplan
Hulle sal my kap
die oomblik wat hul kan
Herhaal Chorus
Êrens is ‘n haan geveg
maar ek kruip in my hoekie weg
Ek is bang vir die nag
ek is bang vir die dinge wat wag
Ek is te bang om te waag
ek hou my kop omlaag
Moenie vir my kyk
ek wil alles ontwyk
Ek is bang
ek is bang
Chorus
Submitted by Guest