Ddisselblom – Aardklop lyrics

So ry ons in 'n vaal mikrobus
op 'n grondpad al langs met die kus
ek sien 'n mooi meisie,
sy maak my gespanne
met trane en verlange
en die Aardklop onder my kop
en ek hou jou dop
as jy my aangluur
en die Aardklop onder my kop
en ek hou jou dop
want jy's nie van hier... Refrein
En waar ek ook heen mag gaan
(wat ek sien, wat ek ruik
wat ek na verlang)
Vat ek die vlag met my saam
En as jy my wil verstaan
(hoe ek dink, hoe ek droom
hoe ek kan verlang)
Kyk na my land en my taal

My hart sê ek moet gaan
na 'n plek waar mense my verstaan
ek hoor hoe praat hul Afrikaans
en Aardklop kom my haal

Refrein

Lê ek in 'n boomhuis in Parys
met 'n seer keel en 'n bed vol ys
Dit voel of iemand my uittart
want ek smag na my land.
en die Aardklop onder my kop
en ek hou jou dop
as jy my aangluur
en die Aardklop onder my kop
en ek hou jou dop
want jy's nie van hier.

Submitted by Guest