Ddisselblom – Bobotie lyrics

Sy was nie oulik, sy was nie vroulik
sy was nie eintlik baie mooi nie
maar ek sien haar voor haar stofie
en ek ruik haar lekker bobotie.
Ek het haar sien loop
tussen die Kaap en Grabouw
Sy was bietjie mank,
maar ek het geweet
met haar gaan ek trou.
dit was een somernag
en 'n bietjie sweet
toe staan ons voor die magistraat
en sweer die eed.

Sy was nie oulik, sy was nie vroulik
sy was nie eintlik baie mooi nie
maar ek sien haar voor haar stofie
en ek ruik haar lekker bobotie.

Na 6 kinders en dieselfde huis
het die huwelik verbrokkel
soos 'n slegte kys
Ek het hard geskreeu en
hard probeer
maar die armoede was vir haar
net te seer
Die welsyn sny hulle voorraad
maar fyntjies
en so het die bobotie gekom
sonder rosyntjies.

Jy's nie oulik, jy's nie vroulik
jy's nie eintlik baie mooi nie
maar ek sien jou voor jou stofie
en ek ruik jou lekker bobotie.

Dit was in 28 jaar
toe ou dokter diagnoseer
en 4 maande later
moes die kospotte my leer
Bobotie is 'n knewel
as jy sy kuns nie ken
en sonder my vroutjie
sou ek sy resep nooit wen.

Ek het nog een laaste keer
'n kransie gaan lê
en ek was gedwing
om die volgende te sê:

Jy was nie oulik, jy was nie vruolik
jy was nie eintlik baie mooi nie
maar ek mis jou voor ons stofie,
en ek mis ons lekker bobotie.

Submitted by Guest