Ddisselblom – Valkenburg lyrics

Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou aan Gordonsbaai terug
Ek speel met paddavisse in 'n stroom
en kerf swastikkas in rooikransboom
Ek is die hond wat op die strande draf
en dom allenig teen die aandwind blaf
Ek is die seevoël wat verhonger daal
en dooie nagte opdis, in 'n maal
Die God wat jou geskep het
uit die wind
sodat my smart in jou
volmaaktheid vind
My lyk lê uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was
En in die aand by Gordonsbaai
het sy kinderlik geraai
waar die lelieblom kon wees
wat haar hart van pyn genees
En in haar soektog raak haar hand
aan die onkruid op die strand
Word haar oë sag en blind,
waai haar drome in die wind
Hurk sy roerloos vasgerank,
toegemaak deur wier en sand

Submitted by Guest